Christusmonogram

Die Chi-Rho simbool

Die Christusmonogram of Chi-Rho; ook bekend as die chrismon[1]) is een van die vroegste vorms van die Christogram, gevorm deur die eerste twee (hoof) letters —chi en rho (ΧΡ)—van die Griekse ΧΡΙΣΤΟΣ (verlatyns:Christos) op so 'n wyse te superponeer dat die vertikale streep van die rho die middel van die chi kruis.[2]

Die Chi-Rho simbool is deur die Romeinse Keiser Konstantyn die Grote (r. 306–337 AD) gebruik as deel van 'n militêre vaandel (vexillum). Konstantyn se vaandel was bekend as die Labarum. Vroeë simbole wat soortgelyk is aan die Chi-Rho was die Staurogram () en die IX monogram ().

In voor-Christelike tye is die Chi-Rho simbool ook gebruik om 'n besonders waardevolle of relevante passasie te merk aan die kantlyn van bladsy, met die afkorting van chrēston (goed).[3] Sommige munte van Ptolemeus III Euergetes (r. 246–222 BC)is gemerk met 'n Chi-Rho.[4]

Alhoewel dit uit Griekse karakters gevorm is, word die simbool (of sy afsonderlike dele) gereeld gevind as 'n afkorting in Latynse tekste, met eindes wat toepaslik by 'n Latynse selfstandige naamwoord gevoeg word, dus is XPo aanduidend van Christo, "aan Christus", die datief van Christus,[5] of χρ̅icola, aanduidend van Christicola, "Christelik", in die Latynse lirieke van Sumer is icumen in. [6]

'n Missorium wat keiser Konstantyn die Grote se seun Konstantyn II van Rome uitbeeld. Hy word begelei deur 'n wag met die Chi-Rho uitgebeeld op sy skild (links, agter die perd).
  1. Van die Middellatyn, crismon, spesifiek toegepas op die "Chrismon van Ambrosius van Milaan" in die Milaanse Katedraal. Crismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort: L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 621b. "CRISMON, Nota quæ in libro ex voluntate uniuscujusque ad aliquid notandum ponitur. Papias in MS. Bituric. Crismon vel Chrismon proprie est Monogramma Christi sic expressum ☧"; 1 chrismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort : L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 318c Geargiveer 26 Augustus 2016 op Wayback Machine.
  2. Steffler 2002, p. 66.
  3. Southern 2001, p. 281; Grant 1998, p. 142, citing Bruun, Studies in Constantinian Numismatics.
  4. von Reden 2007, p. 69: "Die chi-rho-reeks van Euergetes se heerskappy is die mees uitgebreide reeks bronsmunte wat gemunt is, en omvat agt denominasies van 1 chalkous tot 4 obols."
  5. Soos ingeskryf op die bronsmonument van Thomas de Camoys, 1ste Baron Camoys (d.1421) in St George's Church in Trotton, Sussex, Engeland
  6. Sumer is icumen in is die "incipit" [Die "incipit" of begin van 'n teks bestaan uit die eerste woorde van die openingsreël. "Incipit" is Latyn vir "begin". In sommige gevalle word die hele eerste reël of openingsin behou of 'n hele paragraaf, en in volksliedjies en tradisionele kinderliedjies dikwels die eerste twee reëls. In musiek verwys die term na die eerste note of die openingsmate.] van 'n middeleeuse Engelse "round" ['n "Round" (ook genoem 'n ewigdurende kanon [canon perpetuus] of oneindige kanon) is 'n musikale komposisie, d.w.s. 'n beperkte tipe kanon, waarin veelvuldige stemme presies dieselfde melodie by die unisono sing (en dit onbepaald kan aanhou herhaal), maar met elke stem wat begin op verskillende tye, sodat verskillende dele van die melodie in die verskillende stemme saamval, maar tog harmonieus in mekaar pas.] of rota uit die middel van die 13de eeu; dit is ook bekend as die "Summer Canon" en die "Cuckoo Song".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search